4 porsies

  • 8 lamstjops
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 75 ml olyfolie
  • 1 klein droë brandrissie, gekrummel, of 3 ml droë brandrissievlokkies
  • 2 takkies bonekruid (summer savoury), gekap
  • 5 ml fyn komyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 g sagte bokmelkkaas
  • 45 ml gekapte pietersielie en grasuie,gemeng
  • ekstra olyfolie, om tjops in te braai
  • 2 hande vol vars roket
  • 2 hande vol gekrulde blaarslaai of blaarslaai van jou keuse
  • 15 ml suurlemoensap
  • kappertjie-blommetjies

Plaas tjops in ’n vlak bak. Meng knoffel en olyfolie. Voeg brandrissie, bonekruid en komyn by. Geur met sout en swartpeper en meng goed. Gooi oor tjops en laat marineer vir 2 ure. Vorm balletjies van die bokmelkkaas en rol hulle in die pietersielie en grasuie. Verhit olyfolie en braai tjops vir so 2 – 3 minute aan elke kant. Rangskik roket en blaarslaai op ’n opdienbord en gooi suurlemoensap oor. Plaas twee tjops op elke bord, met gekruide bokmelkkaas-balle, en garneer met kappertjie-blommetjies.