• 100 g uie, fyngekap en gesoteer
  • 1 geel soetrissie, fyngekap en gesoteer
  • 80 g fetakaas, gekrummel
  • 50 g Hillcrest Kalamata-olywe, ontpit en gehalveer
  • 30 g songedroogde tamaties, grofgekap
  • 10 g vars basiliekruid, fyngekap
  • knypie varsgemaalde swartpeper
  • 20 ml Hillcrest Extra Virgin-olyfolie
  • 250 g lendeskyf, vet afgesny

Meng al die bestanddele vir die vulsel in ‘n bak. Maak ‘n horisontale snit in die middel van die lendeskyf, tot omtrent 1 cm vanaf elke kant. Sny lekker diep, maar nie al die pad deur nie, om ‘n groot opening in die lendeskyf te maak. Skep die vulsel in die opening en versprei dit egalig. Maak die opening met tandestokkies toe. Borsel ‘n bietjie olyfolie oor die vleis, en rooster dan op ‘n baie warm roosterpan vir 3 - 5 minute op elke kant, afhangend van hoe gaar jy jou vleis verkies. Sit voor met diepgebraaide wortelgroenteskyfies, soos beet, wortel, aartappel en patat.