CABANA Boekuittreksel

Sit voor as ’n happie

• 4 sagte, vars chorizoworse

• 4 eetlepels (60 ml) olyfolie

• 3 – 4 eetlepels (45 – 60 ml) rum (in Brasilië gebruik hulle cachaça, ’n soort rum van suikerriet)

• 2 groot uie, in dun skyfies gesny

• 4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny

• hand vol grasuie, fyngekap

Sny die chorizo diagonaal in dun skywe. Verhit die olie in ’n groot pan, voeg die chorizo by en braai 3 – 4 minute tot goudbruin. Draai ná 2 minute om. Verwyder van hitte en hou eenkant. Gooi die rum in die pan en laat alkohol borrel en 2 minute kook. Krap aanpaksel op bodem van pan los. Voeg uie en knoffel by en roer goed. Braai 2 – 3 minute, tot die knoffel geurig is en die uie net begin sag word, maar nog steeds ’n bietjie bros is. Skep chorizo terug in pan en meng goed deur. As die mengsel te droog is, voeg bietjie water by en roer. Skep uit op warm opdienbord en sprinkel grasuie oor. Sit dadelik voor.