Maak dié lamsblad al die dag voor Kersfees en sit dit louwarm voor met pitabrode en hoemoes. genoeg vir 8 3 heel steranys-peule 5 kardemom-peule 10 ml komyn 10 ml kaneel 5 ml gemmer 10 ml paprika 100 ml olyfolie 1 ui, gekap 4 knoffelhuisies 1 x 400 g-blik tamaties van jou keuse 500 ml lamsaftreksel 2 kg lamsblad, aan die been sout en varsgemaalde swartpeper hand vol koljander, gekap 100 g granaatpitte 1 x 250 g-bakkie hoemoes 20 klein pitabrode Verhit oond tot 120 °C. Plaas al die speserye saam met olyfolie in ’n vysel en stamper en maal fyn. Plaas ui, knoffel en tamaties in oondbraaipan. Gooi aftreksel oor en plaas lamsblad bo-op. Gooi spesery-en-oliemengsel oor. Geur goed met sout en peper. Maak pan toe en oondbraai blad 5 uur. Maak oop en oondbraai nog 20 minute of tot goudbruin. Plaas op opdienbord en skep pansous oor. Sprinkel koljander oor. Sit voor met granaatpitte, hoemoes en pitabrode.