(3 PORSIES)

  • 1 x 7-been rugstring met ribbes (rack of lamb) – sowat 600 g
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 takkies vars roosmaryn marinade
  • sap van 1 suurlemoen
  • 10 ml dijon-mosterd
  • 30 ml olyfolie

Meng al die bestanddele vir die marinade. Plaas die rugstring in ’n roosterbak en smeer oral met marinade. Laat vir 30 minute staan. Verhit oond tot 200 °C. Geur vleis met sout en varsgemaalde swartpeper en plaas die roosmaryn in die bak. Sit dit in die oond en rooster vir 45 minute – die vleis sal nog pienk binne wees. Haal uit en laat staan vir 10 minute voor jy dit sny.

Om te drink: Mosterd en merlot – klink sommer goed! Probeer gerus Yonder Hill Merlot. Die geure sluit

in bessies en koffie. Dié wyn het ’n diep fluweeltekstuur wat sy man sal kan staan tee die marinade. As jy witwyn verkies, probeer viognier, soos Kleinood Viognier.