(Sowat 12 - 14 frikkadelle)

  • 15 ml olyfolie
  • 115 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 12 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 10 ml koljander
  • 500 g volstruismaalvleis
  • hand vol gekapte koljander
  • 1 koppie gaar rys
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml tamatiepuree
  • 125 ml rooiwyn
  • 1x 400 g-blikkie gekapte tamaties

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie en botter in 'n pan tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5 minute of tot begin verkleur. Voeg speserye by en braai nog 5 minute. Voeg gebraaide uie by rou maalvleis. Voeg vars koljander, rys en eier by. Meng goed saam. Vorm in gholfbalgroot balle. Pak in 'n oondvaste bak. Bring tamatiepuree, rooiwyn en geblikte tamaties tot kookpunt in 'n klein pot. Gooi sous oor rou frikkadelle en bak vir 20 - 25 minute of tot gaar.