genoeg vir vir 6 – 8

  • 1 ontbeende lamsboud (sowat 1,2 kg)
  • sowat 80 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 10 piekeluitjies, geskil
  • 8 x 8 cm-stukke seldery, in skywe gesny
  • 4 wortels, in klein blokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 bouquet garni
  • 3 lourierblare
  • 1 bottel (750 ml) Syrah (Shiraz)
  • 125 ml tamatiepuree

Bind die lamsboud vas met tou sodat dit vorm behou. Verhit olyfolie in diep kastrol. Braai die lamsboud tot mooi bruin rondom. Haal uit en geur met sout en peper. Hou eenkant. Gooi uitjies in dieselfde kastrol en braai tot effens bruin. Voeg seldery, wortels en knoffel by. Braai sowat 10 minute. Plaas boud terug in kastrol en voeg bouquet garni, lourierblare, wyn en tamatiepuree by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Laat prut 2 uur. Draai die boud elke nou en dan om. Haal die deksel af en laat prut oop vir nog 1½ uur. As die sous nie lekker dik gekook het nie, kan jy dit nog ’n ½ uur oop laat kook. Haal boud uit sous en sny in skywe. Plaas op opdienbord en skep sous, groente en uie bo-op.