(4 - 6 porsies)

  • 90 ml olyfolie
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 Portugese brood
  • 250 g gerasperde mozzarella-kaas
  • 250 g dungesnyde ham, in groot stukke gebreek
  • 1 bottel (825 g) pynappelstukke
  • handvol vars roket

Verhit 60 ml olie in 'n pan. Voeg tamaties en knoffel by en braai tot tamaties bars en pap is (so 10 - 15 minute). Geur met sout en peper. Haal af en laat effe afkoel. Sny brood in lengte in die helfte. Halveer ook elke helfte. Verhit roosterelement en rooster brood tot net bruin. Verhit oond tot 220 °C. Verdeel tamaties op elke brood. Sprinkel kaas op. Rangskik ham en pynappel op en sit brood op 'n bakplaat. Sit vir 10 - 15 minute in warmoond tot kaas gesmelt is. Sit voor met roket.