30 minute - 6 porsies

  • 30 ml olyfolie
  • 20 snoep-varkworsies
  • 250 g repiespek, in blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 500 ml langkorrel-witrys
  • 100 ml witwyn
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2,5 ml paprika
  • 5 ml borrie
  • 2 lourierblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 1,5 liter hoender-aftreksel
  • hand vol vars gekapte pietersielie

Verhit die olyfolie in ’n groot pan. Braai die varkworsies en spek saam vir 5 minute. Voeg die ui, knoffel en soetrissie by. Braai alles saam vir nog 5 minute. Sit die rys by en roer goed deur. Gooi die wyn by en laat vinnig afkook. Voeg die tamaties, paprika, borrie en lourierblare by. Geur met sout en swartpeper. Skep nou die hoender-aftreksel soplepel vir soplepel by. Roer so nou en dan. Wanneer die rys feitlik sag is en al die hoender-aftreksel bygeskep is, sit die deksel op en laat vir 5 minute stadig verder kook. Roer die gekapte pietersielie deur en sit voor.