Die Franse platteland is bekend vir eenvoudige kos met baie bone en olywe in.

genoeg vir 8 – 10

• 45 ml kanola-olie

• 1 kg beesvleis-blokkies

• 2 uie, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• hand vol tiemie, fyngekap

• 2 lourierblare

• skil van 2 suurlemoene

• 45 ml koekmeel

• 1 x 410 g-blik tamaties

• 250 g bruin sampioene, grofgekap

• 500 ml beesaftreksel

• 250 ml witwyn

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 300 g gemengde olywe, ontpit

• 2 x 400 g-blikke borlottibone

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie tot warm in middelslag-oondpot met deksel. Voeg vleis by en roerbraai 5 – 8 minute of tot goudbruin. Haal vleis uit pot en hou eenkant. Gooi uie en knoffel in dieselfde pot en braai 3 – 5 minute of tot dit ver- bruin. Voeg vleis, tiemie, lourierblare en suurlemoenskil by. Braai nog 5 minute. Voeg meel by en meng goed. Voeg tamaties, sampioene, aftreksel en wyn by. Bring tot kookpunt. Geur goed met sout en peper. Maak pot toe met deksel en sit in warm oond. Bak 2 uur of tot vleis sag en gaar is. Haal bak uit oond en voeg olywe en bone by. Sit terug in oond vir no 20 minute. Geur goed. Sit voor.

Totale kj 1485,6; totale proteïen 32,3g; totale koolhidrate 20,6g; totale vet 15,3g