Die sout van die spek en die soet van die pynappel werk lekker saam.

Genoeg vir 4

• 60 ml olyfolie

• 250 g strepiespek

• 4 rou hamburger-vleis-patties van goeie gehalte

• 4 ringe geblikte pynappel, gedreineer

• 1 ui, fyngekap

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 400 g klein rosa-tamaties

• 10 ml gekapte groen brandrissie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 4 hamburger-broodrolletjies

• blaarslaai van jou keuse

Stap 1. Verhit oond tot 200 °C. Sprinkel 20 ml van die olyfolie op ’n bakplaat. Plaas spek soos ’n kruis op dieselfde bakplaat. Plaas hamburger-vleis-patty bo-op spek. Pak ’n pynappelring op die patty. Vou spek oor pynappel. Sit bakplaat in warm oond en oondbraai sowat 30 minute tot gaar.

Mickey Hoyle Stap 1

Stap 2. Verhit res van olyfolie in ’n pan. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend.

Mickey Hoyle Stap 2

Stap 3. Voeg tamaties en brandrissie by en braai tot tamaties sag is. Geur met sout en peper.

Mickey Hoyle Stap 3

Stap 4. Sny ’n broodrolletjie oop en plaas ’n groot stuk blaarslaai op die onderste helfte. Sit ’n vleis-patty bo-op en skep van die tamatiemengsel bo-op. Maak toe met die ander helfte van die broodrolletjie.

Mickey Hoyle Stap 4