Resep deur Adriana Giardini

Die vulsel vir die resep word gewoonlik met oorskietvleis van gister se maaltyd gemaak – jy kan enige vleis gebruik.

Genoeg vir 4

• 1 x basiese pastadeeg – uitgerol in 6 velle

• 1 ontbeende gaar hoenderborsie

• 1 gaar beesskenkel, ontbeen

• ½ varkfilet, gaar

• 1 eier

• 2 ml fyn neut

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 50 g parmesaankaas, fyn gerasper

Sous

• 400 ml olyfolie

• 1 x 410 g-blik heel tamaties

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 2 ml marjolein (marjoram)

• 4 vars basiliekruidblare, fyngekap

Stap 1. Plaas al die gaar vleis in voedselverwerker en verwerk tot fyn mengsel. Voeg res van bestanddele by en geur goed met sout en peper.

stap 1 Stap 1

Stap 2. Plaas een vel pasta deeg op meelbestrooide oppervlak. Skep teelepels vol van mengsel op die een kant van die deeg – spasieer dit só dat daar genoeg ruimte tussen elke skeppie vulsel is om dit los te sny van mekaar.

stap 2 Stap 2

Stap 3. Vou oop stuk deeg bo-oor vulselporsies. Sny op in ravioli-blokkies. Druk elke ravioliblokkie se deeg stewig vas met die vingers. Herhaal tot deeg en vulsel op is.

stap 3 Stap 3

Stap 4. Laat rus op meelbestrooide skinkbord terwyl jy die sous maak.

stap 4 Stap 4

 Maak sous só Verhit olyfolie tot baie warm in groot kastrol. Voeg tamaties en knoffel by – dit gaan wild kook, wees versigtig. Voeg res van bestanddele by. Geur met sout en peper. Verlaag hitte en laat oop prut tot dik tamatiesous vorm. Bring pot met water tot kookpunt. Dompel ravioli in kookwater en laat kook tot die blokkies op die oppervlak van die water dryf – sowat 5 minute. Dreineer en skep op opdienbord. Skep warm tamatiesous oor. Sit voor met ekstra parmesaan en basiliekruid.