(2 porsies)

  • 300 g kalfsvleis-lende
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ml olyfolie
  • 50 g botter
  • 4 snye parmaham
  • 4 snye mozzarella-kaas
  • 125 ml gepulpte tamaties
  • 4 of 5 vars salieblare
  • 50 ml droë witwyn

Verhit jou oond tot 220 °C. Sny die kalfsvleis-lende in 4 dun medaljons. Druk die vleis effens platter met jou hande. Geur met sout en swartpeper. Smelt die olyfolie en botter in ’n pan wat jy in die oond kan sit. Plaas die kalfsvleis versigtig in die warm pan en braai vir een minuut aan die een kant en draai om. Plaas ’n sny parmaham bo-op elke medaljon en dan ’n sny mozzarella-kaas. Skep ’n lepel vol tamatiepulp bo-op en dan van die salieblare. Gooi die wyn by en sit die pan in die oond tot die kaas net begin smelt. Rangskik die kos op jou opdienbord en gooi van die pansous rondom die vleis. Sit voor saam met aartappel-krokette en groente van jou keuse.

Om te drink

Bellingham Legends St Georges, ’n rooiversnit