(10 porsies)

  • 3 – 4 kg vars netvet
  • 1 kg skaap- of beeslewer
  • 2 skaapniertjies
  • 150 g wildsvleis-steak
  • 2 uie, gekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml sout
  • 5 ml growwe swartpeper
  • 5 ml brandrissie, gekap
  • 1 takkie vars tiemie
  • 50 ml bruinasyn
  • 50 ml Worcestersous
  • tandestokkies

Bedek netvet met warm water. Maak lewer en niertjies skoon (of vra jou slagter om dit te doen). Sny steak, lewer en niertjies in klein blokkies. Voeg uie, knoffel, sout, swartpeper, brandrissie, tiemieblare, asyn en Worcestersous by. Verwyder dik rante van netvet. Sprei netvet op werksoppervlak uit en sny in 10 gelyke vierkante. Skep ’n eetlepel vol lewermengsel op elke vierkant. Vou netvet toe en steek die bondeltjies met tandestokkies vas. Braai skilpadjies stadig oor matige kole vir 30 – 45 minute.

Om te drink

Oranjerivier Wynkelders Pinotage