genoeg vir 4

  • 45 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 ml room
  • 45 ml balsemasyn
  • 45 ml olyfolie
  • 60 ml worcester-sous
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 4 steaks van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 groot bruin sampioene

Verhit botter in middelslag-pot tot warm. Voeg knoffel by en braai 30 sekondes. Gooi room by en bring tot kookpunt. Laat kook tot dit met helfte verminder het. Gooi asyn by en meng deur. Verwyder roomsous van hitte en hou eenkant. Verhit riffelpan tot warm. Sprinkel olyfolie, worcestersous, en sap en skil van suurlemoen oor steaks. Geur met sout en peper. Braai steaks in warm pan, 5-8 minute per kant vir medium-gaar of langer as jy dit gaarder verkies. Skep steaks uit pan en laat rus eenkant terwyl jy die sampioene in dieselfde pan braai. Sit steak en sampioene voor met roomsous.