Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 10 minute

• 800 g kruisskyf (rump steak)

• 60 ml olyfolie

• sap van 1 suurlemoen

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Kruiesous

• hand vol vars pietersielie en koljander

• 1 klein rooi-ui

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 20 g parmesaankaas, gerasper

• gerasperde skil van 1 suurlemoen

• gerasperde skil van 1 lemoen

• 60 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 4 tortillas (wraps) van jou keuse

• 60 g roket

• sowat 7 radyse, in ringe gesny

• 250 g roomkaas

Plaas steak in ’n bak en gooi olyfolie, suurlemoensap en knoffel by. Smeer goed in vleis in en laat marineer sowat 15 minute. Geur met sout en peper. Verpulp al die bestanddele vir die sous saam in ’n voedelverwerker, en geur met sout en peper. Verhit ’n riffelpan en braai steak aan weerskante tot so gaar as wat jy verkies. Sit voor saam met kruiesous, tortillas, roket, radyse en roomkaas.