30 minute - 6 porsies

  • 30 ml olyfolie
  • 12 klein kitslendeskywe
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
  • 2,5 ml paprika
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 125 ml rooiwyn
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 100 g groen olywe
  • 10 blare vars basiliekruid, gebreek

Verhit die olyfolie in 'n groot pan. Sprinkel die suurlemoensap oor die steaks en braai vinnig weerskante (so 2 minute aan 'n kant). Skep die vleis in 'n oondbak uit en hou warm. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die olywe en basiliekruid) by en laat kook die sous vir 20 minute. Sit die olywe en basiliekruid by en kook vir nog 2 minute. Gooi die sous oor die vleis en sit voor saam met kapokaartappels of 'n Franse brood.