CABANA Boekuittreksel Resep

Genoeg vir 4

• 1 eetlepel (15 ml) olyfolie

• 2 eetlepels (30 ml) botter

• 4 ribsteaks (sowat 225 g elk)

• 4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny

• klein hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit ’n groot swaarboompan (verkieslik gietyster). Gooi die olyfolie en 1 eetlepel van die botter in en skud pan totdat botter gesmelt het en met olie vermeng is. Geur steaks mildelik met sout en peper en braai 2 – 4 minute aan elke kant, na gelang van hoe dik hulle is en hoe jy daarvan hou. Moenie te veel steak op ’n keer in die pan braai nie, want dan begin die vleis kook. Dis beter om dit stuksgewys te doen, veral as jou pan nie groot is nie. Verwyder steaks uit pan en laat rus ’n paar minute. Verhit intussen res van botter in ’n ander klein pannetjie en voeg knoffel by. Braai oor matige hitte tot goudbruin en bros. Hou goed dop, want knoffel kan binne sekondes swart brand. Sodra dit mooi bruin is, skep knoffel en gesmelte botter in ’n bakkie. Om voor te sit, plaas steaks op opgewarmde borde, en skep knoffelskyfies en botter bo-op. Sprinkel ’n bietjie gekapte pietersielie oor en sit dadelik voor.