Dis ongelukkig nie die snit met die meeste smaak nie. Perfek vir panbraai en oondrooster. Maak seker jy sny altyd die sening af wat langs die filet af loop.

Maak dit só gaar

Marineer Nee wat, die lewe is heeltemal te kort om ure voor die tyd vleis te marineer. As jy steak van goeie gehalte koop, is marineer glad nie nodig nie. Plaas die steak net voor jy dit braai in ’n plat bak en bedruip dit met olyfolie. Druk so een of twee suurlemoene se sap daaroor uit en geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper. Panbraai Verhit riffelpan tot vuurwarm. Braai 4 - 5 minute per kant vir halfgaar, 5 - 51/2 minute per kant vir medium- gaar, 6 - 7 minute per kant vir medium en 7 - 8 minute per kant vir gaar.

Eet dít saam met jou filet:

Mosterdsous

Mielies gebraai in Parmesaan