(4 porsies)

  • 400 g beesvleis-repies
  • 100 ml sojasous
  • 100 ml soet brandrissie-sous
  • 20 ml sesamolie
  • 30 ml fyngekapte knoffel
  • 200 g noedels, gekook volgens die aanwysings op die pak
  • 30 ml olyfolie
  • 1 komkommer, in dun repies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in dun repies gesny
  • 1 geel soetrissie, in dun repies gesny
  • 16 kersietamaties, gehalveer
  • 100 g gemengde spruite
  • ½ rooi ui, in dun skyfies gesny
  • 60 ml vissous
  • 60 ml lemmetjiesap
  • 2 klein rooi brandrissies, fyngekap
  • 30 ml bruinsuiker
  • 50 g wit sesamsaad
  • 125 ml vars koljanderblare
  • macadamia-neute

Marineer die beesvleis-repies vir 2 uur in die sojasous en soet brandrissie-sous. Verhit ’n braaipan en gooi die sesamolie en knoffel daarin. Braai die beesvleisrepies daarmee saam tot medium-gaar. Voeg die gaar noedels by en meng goed. Verhit die olyfolie in ’n ander pan en braai die komkommer, soetrissies, tamaties, spruite en ui. Die groente moet nog bros wees. Meng dit met die vleis en noedels. Meng die vissous, lemmetjiesap, brandrissies en bruinsuiker goed saam. Gooi dit oor die gereg. Sprinkel die sesamsaad, koljander en macadamianeute oor.