(4 porsies)

  • 2 varkfilette van saam sowat 700 g
  • 250 g strepiespek (streaky)
  • 20 ml olyfolie
  • 10 – 12 salotte, skil verwyder
  • 30 ml heuning
  • 30 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 Star King-appels, in kwarte gesny
  • 200 g bloubessies

Verhit oond tot 200 °C. Verdeel elke filet in drie. Draai elke stuk toe met spek. Verhit olie in pan wat jy in die oond kan gebruik. Braai filette op stoof tot bruin en hou eenkant. Braai salotte in dieselfde pan tot bruin. Voeg heuning en water by. Laat kook sowat 2 minute. Plaas varkstukke terug in pan en geur met sout en peper. Oondbraai vir 20 minute. Voeg appels by en oondbraai nog sowat 10 minute tot appels sag is. Voeg bloubessies by en oondbraai verder vir sowat 8 minute. Sit warm voor.