• 30 ml olyfolie
  • 3 varkfilette, in skywe van sowat 3 cm gesny
  • 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g sampioene, gehalveer
  • 10 ml gerookte paprika
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruid
  • 30 ml mielieblom
  • 100 ml water

Verhit olyfolie in ’n pan. Braai varkfiletskywe vir sowat 8 minute tot bruin. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg sampioene, paprika en room by. Geur met sout en swartpeper. Laat vinnig oop kook vir 15 minute. Voeg basiliekruid by. Meng mielieblom met water en voeg by. Hou aan roer tot die sous lekker dik is. Sit voor saam met rys.