(4 porsies)

  • 30 ml sonneblomolie
  • 900 g varkrepe, in blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 125 ml rooiwyn
  • 250 ml hoender-aftreksel
  • 3 blikke botterbone, gedreineer
  • 5 ml gemengde droë kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n kastrol wat jy in die oond kan sit. Braai die varkvleis tot lekker bros en bruin. Dit sal so 20 minute neem. Voeg die ui en knoffel by. Braai verder vir so 10 minute. Voeg nou die res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol toe met ’n deksel en plaas in die warm oond vir sowat 1 uur en 30 minute. As die sous wegkook, kan jy ’n bietjie water byvoeg. Sit voor saam met stampkoring. Kook dit volgens die aanwysings op die pak.