Dis seker ons land se gunsteling-varksnit. Jy kan dit boonop óf oor die kole óf in die oond gaarmaak. Probeer om ribbetjies te koop waarvan die vet afgesny is.

(4 porsies)

  • 1,7 kg varkribbetjie
  • 30 ml heuning
  • 30 ml vinkelsade
  • 70 g botter
  • 45 ml bruinsuiker
  • sap van 5 suurlemoene
  • 120 ml worcestersous
  • 30 ml Dijon-mosterd
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper

Plaas ribbetjie in groot plat bak. Meng res van bestanddele saam in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en laat prut 10 minute oor lae hitte. Gooi oor ribbetjie en laat marineer minstens 2 uur. Verhit oond tot 180ºC. Plaas ribbetjie in oond. Draai vleis om ná 1 uur. Laat oondbraai vir nog 1 uur. Skakel nou die roosterelement van oond aan en rooster vir sowat 10 minute. Eet saam met die soetpatats – heerlik.