Kies jou bestanddele slim en maak dit reg gaar, en jy kan 4 mense vir net R150 laat smul!

genoeg vir 4

  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 2 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 125 ml soet sojasous (sweet soy)
  • 2 varkfilette (sowat 900 g), in blokkies gesny
  • varsgemaalde swartpeper
  • gaar koeskoes vir voorsit
  • 100 g groen olywe, ontpit

Meng knoffel, gemmer, rissie en sojasous om marinade te maak. Ryg filetblokkies op 4 kebab-stokkies. Plaas in plat bak en gooi marinade oor – sout is onnodig, die soja bevat genoeg sout. Geur met swartpeper. Verhit riffelpan tot warm en braai kebabs tot goudbruin en gaar, 3-5 minute per kant. Meng koeskoes met olywe en plaas op opdienbord. Pak gaar kebabs bo-op en gooi pansous oor. Sit voor.