4 porsies

  • 30 ml olyfolie
  • 4 varktjops
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 4 preie, in 3 cm-stukke gesny
  • 250 ml witwyn
  • 15 ml korrelmosterd
  • 100 ml hoender-aftreksel
  • 125 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olie in pan. Braai tjops weerskante tot bruin. Voeg knoffel en preie by en braai vir sowat 5 minute. Gooi wyn by en laat met die helfte afkook. Roer mosterd, aftreksel en room by en geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt en laat oop kook vir sowat 10 minute.