Mans hou gewoonlik baie hiervan - dit gaan oor die vleis.

  • 600 g varkfilet
  • 100 ml olyfolie
  • 45 ml droë sjerrie
  • 5 ml paprika
  • 2 ml sterk paprika
  • 2 ml fyn komyn
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die filet in blokkies. Maak ’n marinade met die olyfolie, sjerrie en speserye en marineer die vleisblokkies vir 2 uur. Ryg die vleisblokkies op sosatiestokkies. Braai vir omtrent 10 minute onder die roosterelement van die oond. Draai die kebabs ’n paar keer om.