• 3 uie, in kwarte gesny

• 5 knoffelhuisies

• 750 ml hoenderaftreksel

• 1,6 kg varklies op die been (pork belly)

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 15 ml vinkelsaad

• 1 x 300 g-sakkie vars Brusselse spruite

• 45 ml botter, gesmelt

Wenk: Vra die slagter om kepe van1cm uit mekaar in die varkvleis se vel te maak – dit help dat die geur in die vleis intrek en die vel lekker bros bak.

Verhit oond tot 180 °C. Plaas uie en knoffel onderin oondbraaibak. Gooi hoenderaftreksel oor. Plaas varklies bo-op. Geur vel baie goed met sout en peper. Sprinkel vinkel oor en vryf met vingerpunte in die vel in. Plaas oop in oond en oondbraai 1 uur 45 minute. Kyk ná ’n uur of pan dalk droog is en gooi ekstra aftreksel of water by indien nodig. Haal pan uit oond en pak spruite om vleis. Gooi botter oor spruite en geur met sout en peper. Bak nog 20 – 25 minute of tot spruite sag en varkvleis goudbruin is. Sit warm voor.