(6 porsies)

Couscous en marmelade

  • 300 g couscous (semolina)
  • 100 ml olyfolie
  • 50 g sagte botter rooi soetrissie, in dun repies gesny
  • 1 groen soetrissie, in dun repies gesny
  • 2 groot uie, in dun skyfies gesny
  • 1 - 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 takkie tiemie
  • 1 lourierblaar
  • 100 ml rooiwynasyn
  • 1 blik (sowat 400 ml) tamatiestukkies
  • sout en peper

Roketpesto-olie

  • 100 g roket
  • 20 g dennepitte
  • 2 knoffelhuisies
  • 300 ml olyfolie
  • sout en peper

Sosaties

  • 1,2 kg volstruisfilet, in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in kort breë repe gesny
  • 1 groen soetrissie, in kort breë repe gesny
  • 1 rooi-ui, in breë repe gesny
  • olyfolie
  • sout en peper

Maak die couscous met 350 ml kookwater, 1 eetlepel van die olyfolie en 'n knypie sout. Meng goed, bedek met kleefplastiek en laat staan vir 5 minute. Voeg botter by en krap met 'n vurk deurmekaar om korrels behoorlik te skei. Vir die marmelade verhit jy die res van die olyfolie en braai die soetrissies en uie vir 3 minute oor hoë hitte. Voeg knoffel, tiemieblare en lourierblaar by, asook die asyn, en kook tot vloeistof byna heeltemal verdamp het. Voeg tamaties by, geur met sout en peper, en kook tot mengsel die taai tekstuur van marmelade kry. Vir die pesto-olie meng jy al die bestanddele in 'n voedselverwerker tot dit 'n gladde sous word. Besprinkel volstruisvleisblokkies met 'n bietjie olyfolie, en braai in 'n oondpan tot brosbruin. Ryg

vleisblokkies, soetrissierepe en ui-repe om die beurt op sosatiestokkies. Verf met olyfolie en geur met sout en peper voor jy dit vir 'n rukkie onder 'n warm oondrooster inskuif. Haal uit as vleis gaar en groente nog bros is. Om op te dien, meng jy die couscous met die soetrissie-marmelade en skep dit in die middel van elke bord. Rangskik 'n sosatie bo-op en drup 'n dun

stroompie pesto rondom. Versier met 'n paar roketblare en dra dadelik tafel toe.