12 porsies

  •  5 varkworsies
  •  4 sprietuie, fyngekap
  •  2 waterkastaiings (water chestnuts), fyngekap
  •  12 won ton-deegvelle

Druk varkworsies uit hul velletjies. Meng vleis met sprietuie en waterkastaiings. Die vulsel het geen sout of peper nodig nie, want die worsies is reeds gegeur. Neem een won ton-deegvel en verf dit met water. Skep ’n teelepel van die vulsel in die middel en bring deegrande bymekaar. Gooi water in ’n diep pan, so 3 cm diep, en bring tot kookpunt. Plaas pakkies in kookwater en verlaag temperatuur tot water net prut. Prut vir sowat 10 minute en draai pakkies om. Prut vir nog 10 minute totdat deeg sag en gaar is. Sit voor met soet brandrissiesous (jy kan dit in ’n supermark koop).

Om te drink

’n Effens droë witwyn – enige gewürztraminer of riesling sal werk.