(6 porsies)

  • 1 kg aartappels, gekook met skil
  • 250 ml mayonnaise van goeie gehalte
  • 100 ml Griekse jogurt
  • 1 x 125 ml-bottel peperwortel (horse radish)
  • 250 g spek, gekap en brosgebraai
  • 2knoffelhuisies, gekap
  • 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2stingels seldery

Sny afgekoelde, gaar aartappels in kwarte.Meng mayonnaise, jogurt, peperwortel, spek, knoffel en uieringe. Geur goed met sout en swartpeper. Meng versigtig met gesnyde aartappels. Skep slaai in mooi opdienbord. Gebruik groenteskiller en sny lang, dun repe seldery. Sit in yswater tot dit begin krul. Dreineer en strooi oor slaai. Sit voor.

Wenk: Maak slaai 'n dag voor die tyd, dit smaak lekkerder as dit oornag staan.