(4 – 6 porsies)

  • 60 ml botter
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g spek, gekap
  • 400 g gemengde sampioene, grofgekap
  • 5 aartappels, geskil en grofgekap
  • 500 ml melk
  • 500 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter en olyfolie in ’n middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by en braai vinnig vir sowat 2 minute of tot ui begin verbruin. Sit spek en sampioene in en braai verder vir nog 5 minute.Voeg aartappels, melk en water by.Verlaag hitte en laat stadig vir sowat 10 – 15 minute kook tot aartappels sag en gaar is. Verwerk mengsel in voedselverwerker tot gladde puree. Indien die sop te dik is, kan jy ekstra warmmelk byvoeg om dit te verdun. Geur goed met sout en swartpeper.