(1 groot brood)

  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 10ml suiker
  • 10ml sout
  • 400ml louwarm water
  • 500g broodmeel
  • ekstra meel vir sif
  • 15ml olyfolie
  • 180g basiliekruid-pesto
  • 2 aartappels, in dun skywe gesny
  • 125g spek, in blokkies gesny
  • 30ml origanum, gekap
  • sout en swartpeper

Verhit oond tot 200ºC. Meng gis, suiker en sout met water in 'n mediumgroot mengbak. Voeg meel by en meng met 'n houtlepel tot 'n stywe, kniebare deeg. Strooi meel op jou werkoppervlak en gooi deeg daarop uit. Knie deeg vir 8 - 10 minute of tot elasties. Smeer mengbak met olie en plaas deeg terug in die bak. Maak bak toe met kleefplastiek en laat rys op 'n
warm plek tot twee keer die oorspronklike volume (dit sal sowat 30 minute neem). Spuit 'n bakplaat van 25 x 35 cm met kleefwerende kossproei. Keer deeg uit in pan en druk met jou hande plat tot die hele pan gevul is. Smeer basiliekruidpesto oor deeg gevolg deur 'n laag aartappels. Sprinkel spek en origanum oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 25 - 30 minute of tot
goudbruin en gaar.