(4 porsies)

  • 30 ml Stork Culinesse vloeibare margarien
  • 2 preie, in skywe gesny
  • 3 medium-grootte aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 500 ml hoender-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml Stork Crèmendous Pouring Crème
  • 70 ml Stork Culinesse vloeibare margarien
  • 2 aartappels, in dun skywe gesny, met skil
  • sowat 10 grasuie (chives), fyngekap

1. Verhit die 30 ml Stork Culinesse in ’n kastrol. Braai die preie tot sag. Voeg die aartappels en hoender-aftreksel by en bring tot kookpunt. Geur met sout en swartpeper. Verlaag die temperatuur, sit die deksel op en prut vir sowat 30 minute tot die aartappels sag is. Plaas die helfte van die mengsel in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.

2. Gooi die gladde mengsel terug in die kastrol by die res van die sop.

3. Voeg die Stork Crèmendous Pouring Crème by. Geur met nog sout en swartpeper indien nodig. Verhit die 70 ml Stork Culinesse in ’n klein kastrol totdat dit borrel en braai die dungesnyde aartappels tot bros. Dreineer op kombuispapier en bedien saam met die sop. Garneer die sop met die grasuie.