(4 - 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 5 uie, in ringe gesny
  • 250 g spek, in blokkies gesny
  • koekmeel vir uitrol
  • 1 x 500 g-sakkie winkeldeeg
  • 1 x tamatie-smeersous (tamatie-smeersous)
  • 200 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 500 g baba-aartappels, gekook tot byna sag (sowat 12 minute)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Verhit olie tot warm in 'n mediumgroot pan en voeg uie by. Braai stadig tot sag en bruin. Sprinkel meel op werkoppervlak. Keer deeg uit en rol met 'n koekroller tot
sowat 5 mm dik. Spuit oondpan van 25 cm x 45 cmmet kleefwerende sproei. Voer pan met uitgerolde deeg uit - jy hoef glad nie presies te werk nie, die vorm van die pizza hang af van hoe jy dit verkies.Smeer tamatie-smeersous op kors en sprinkel kaas oor. Sny aartappel in skywe en plaas bo-op kaas. Skep uie en spek oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 15 - 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.