• so 8 groot aartappels, geskil
  • sonneblomolie
  • growwe sout

Voorverhit jou oond tot 200 °C. Sny die aartappels in wiggies en laat dit in koue water lê terwyl jy water in ’n groot kastrol tot kookpunt bring. Dompel die aartappels in die kookwater en laat vir 2 minute kook. Dreineer. Gooi sonneblomolie so 1 tot 2 cm dik in ’n groot oondbak. Plaas die bak in die oond en verhit die olie tot lekker warm. Gooi ’n klein bietjie sonneblomolie oor die aartappels in ’n mengbak dat dit net met olie bedek word. Gooi nou jou aartappels in die warm olie - maak die oonddeur toe en laat bak vir 30 tot 40 minute voor jy dit omdraai. Ons wil die wiggies lekker bros en goudbruin hê. Hou dop. As die aartappels voor 30 minute al lekker bruin en bros is, draai om en laat verder in die oond aan die ander kant bak. Skud nou en dan die bak sodat die aartappels los bly. Haal uit wanneer reg en dreineer op kombuispapier. Maal nou growwe sout oor en geniet saam met jou gunsteling-mayonnaise of tamatiesous.