Aartappelwiggies met wasabi-en sesamsaad-mayonnaise

(4 porsies)

•    2 lemmetjies
•    150 g mayonnaise
•    15 – 30 ml wasabipoeier
•    sout na smaak
•    30 g sesamsaad
•    sowat 2 liter olie vir diepbraai
•    1,2 kg groot aartappels, geskil en in wiggies gesny
•    growwe seesout

Was die lemmetjies in baie warm water. Rasper die groen skil fyn en druk die sap uit. Meng die mayonnaise met die wasabipoeier, lemmetjiesap en fyngerasperde skil, en geur met sout. Braai die sesamsaad in ’n droë pan tot goudbruin. Verhit olie tot omtrent 170 °C en braai die wiggies vir 4 of 5 minute (in 2 of 3 baksels) tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en geur met seesout. Sit voor saam met die mayonnaise, in klein bakkies gegarneer met die sesamsaad.