• 2 eiergele
  • 20 ml mosterd
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 ml sonneblomolie
  • sap van 1 suurlemoen

Plaas eiergele, mosterd en knoffel in 'n middelslag-mengbak. Klits met elektriese klitser terwyl jy olie stadig byvoeg. Hou aan klits tot dik en romerig. Roer suurlemoensap by.

Wenk:
As jy nie lus is om jou eie aïoli te maak nie, kan jy net knoffel met 'n goeiegehalte-mayonnaise meng.