maak sowat 12

  • 250 g (1 pakkie) sjokoladeballe met koekie in die middel, grofgekap
  • 100 g (1 pakkie) pistasieneute, gekap
  • 125 g (1/2 pakkie) rosyntjies
  • 100 g (1/2 pakkie) malvalekkers, in stukkies gesny
  • 200 g melksjokolade, gesmelt
  • 100 ml sjokolade-sous

Meng die sjokoladeballe, pistasieneute, rosyntjies en malvalekkers in ’n groot mengbak. Voeg gesmelte sjokolade by en meng goed. Skep lepels vol van die mengsel in groot kolwyntjiepanne wat uitgevoer is met bakpapier. Laat stol in die yskas. Sit voor met sjokolade-sous.

Wenk
Jy kan eintlik enige lekkers in dié resep gebruik!

Maak jou eie paasbolletjies - Herman wys jou stap-vir-stap hoe