(12 – 16 koekies)

• 140 g fyn amandels, gesif
• 140 g versiersuiker, gesif
• 140 g strooisuiker
• 30 ml water
• 100 g (sowat 3 eiers) eierwitte
• 5 ml pienk koskleursel
• 250 ml room
• 200 g donkersjokolade, fyngekap

Verhit oond tot 150 °C. Sif amandels en versiersuiker 3 keer saam. Plaas strooisuiker en water in middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat kook tot suikertermometer 120 °C wys. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi warm stroop versigtig by. Klits tot blink en styf. Voeg kleursel by en klits goed. Vou amandel-mengsel by – jy hoef nie versigtig te werk nie, vou dit in en meng tot die mengsel blink en glad is. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel
in spuitsak met ’n 1 cm-tuit. Spuit beslag in ronde sirkel van sowat 2 cm groot. Slaan pan 2 keer liggies op werkvlak om van ekstra lugborrels ontslae te raak. Laat pan vir 2 uur staan voor jy dit vir 10 – 15 minute bak. Verwyder uit oond en laat afkoel. Bring room tot kookpunt en gooi booor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Plaas in yskas tot dik en romerig. Skep lepels vol op helftes van
koekies en plaas tweede helfte bo-op.