• 1,5 kg bruinbroodmeel
  • 15 ml bruinsuiker
  • 15 ml sout
  • 25 ml olie/vet
  • 1 sakkie (10 g) aktiewe droë gis
  • 1 liter louwarm water

Verhit jou oond tot 180°C. Meng die meel, suiker en sout. Vryf of sny die olie/vet in die droë bestanddele in en sprinkel die gis oor. Maak ’n holte in die meelmengsel en voeg die water geleidelik by terwyl jy roer totdat ’n sagte deeg vorm. Knie die deeg vir sowat 6 minute. Laat die deeg vir 1 en ’n half uur rys op ’n warm plek. Sit die deeg in ’n gesmeerde gietysterpot (maak seker die deksel is ook van binne gesmeer met olie). Vul die pot tot twee-derdes vol met die deeg en bak vir sowat 1 uur tot gaar. Jy kan die deksel verwyder en vir nog 10 minute bak as die brood nie mooi bruin is nie. Dit kan ook oor ’n vuur gebak word.