(4 - 6 porsies)

  • 15 ml sonneblomolie
  • 5 ml komynsaad
  • 1 vars groenbrandrissie, in dun ringetjies gesny
  • 10 ml vars gemmer, fyngekap
  • 250 g groen appels, stronke verwyder, geskil en in skywe gesny
  • 5 stokkies droë mango, in stukke gesny
  • 5 ml borrie
  • 500 ml water
  • 1 kaneelstokkie, so 3 cm lank
  • 1 ml fyn neutmuskaat
  • 375 ml suiker

Verhit die olie in ’n swaar tweeliter-kastrol oor medium hitte. Braai die komynsaad in die olie tot goudbruin. Voeg die brandrissie en gemmer by en braai vir een minuut, en voeg dan die appel, mango en borrie by. Roerbraai vir 2 - 3 minute. Voeg die water, kaneelstokkie, neutmuskaat en suiker by, meng deur en bring tot kookpunt. Stel die hitte heelwat laer en prut sonder om te roer vir so 40 minute, of totdat die mengsel konfyterig word. Sit by kamertemperatuur voor, of bedek en hou vir tot ’n week in die yskas.