1 x langwerpige 35 x 11 cm-quiche

(4 porsies)

  • 1 x gebakte quiche-basis van 35 x 11 cm (basiese deegresep)
  • 200 g fetakaas, in stukke gebreek
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 1 blik (400 g) artisjokke, gedreineer en gehalveer
  • varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers
  • 250 ml room

Verhit oond tot 180 ºC. Sprei fetakaas op deegbasis. Rangskik tamaties en artisjokke bo-op. Geur met swartpeper. Klits eiers en room en gooi oor vulsel. Sit pan op 'n bakplaat en sit in warm
oond. Bak vir 35 - 40 minute tot vulsel gestol het.