(6 porsies)

  • 4 eiergele
  • 20 ml suurlemoensap
  • 180 g ongesoute botter
  • sowat 10 vars aspersies per persoon
  • 6 vars salm-filette
  • olyfolie
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Dompel vars aspersies in kookwater vir so 5 minute. Hou warm. Sit salmfilette op bakplaat en gooi ’n klein bietjie olyfolie oor. Plaas in ’n warm oond (180° C) vir 10 minute. Maak intussen hollandaisesous: Klits eiergele, sout en peper in jou versapper. Smelt botter en suurlemoensap en voeg drupsgewys by eiergele. Sit vis op ’n warm dienbord, dan aspersies boop. Gooi sous oor en sit onmiddellik voor.