GENOEG VIR 6

• 27 vars groen aspersies

• 27 vars wit aspersies

• 25 g botter

• 100 ml kanola-olie

• 2 eiergele

• 20 ml korrelmosterd

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 8 eiers

• 60 ml witwyn-asyn

• 45 ml olyfolie

Bring pot met water tot kookpunt. Gooi wit aspersies in water en laat kook 1 minuut. Skep uit en dompel groen aspersies vir 30 sekondes in water. Hou eenkant. Verhit botter en kanola-olie saam in pot tot louwarm. Plaas eiergele en mosterd in glasbak. Klits met staafmenger terwyl jy louwarm oliemengsel stadig bygooi tot dik, romerige sous vorm. Geur goed met sout en peper. Hou eenkant. Bring aspersiewater weer tot kookpunt en gooi asyn by. Breek eiers een vir een in water en posjeer 3 – 5 minute vir sagte eiers of langer as jy dit verkies. Moenie water roer nie. Verhit olyfolie in braaipan tot warm. Braai aspersies 1 minuut of tot warm. Plaas op opdienbord. Pak gaar eiers bo op en gooi warm mosterdsous oor. Sit voor.