(6 Porsies)

Bereiding 4 minute
Kook 5 minute

Die kombinasie van aspersies en avokadopeer is heerlik, en die pesto gee alles meer woema.

  • 400 g vars aspersies
  • 2 avokadopere
  • 150 g ricotta-kaas
  • 6 teelepels basiliekruid-pesto
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Dompel die aspersies in die kookwater en haal die kastrol van die plaat af. Laat vir 5 minute staan, dreineer en laat afkoel. Sny die avokadopere in skywe. Rangskik die aspersies op ’n bord en sit die avokadopeerskywe bo-op. Sprinkel van die ricotta-kaas oor en skep ’n teelepel pesto bo-op. Geur met sout en swartpeper.