Avokado-gazpacho

akkreditasie
FOTO: Donna Lewis
FOTO: Donna Lewis
’n Onlangse besoek aan Spanje het my weer van voor af verlief gemaak op dié koue sop wat gewoonlik van tamaties gemaak word. Ek vervang dit met avokado’s.

genoeg vir 6-8

  • 6 sagte avokado’s, geskil en ontpit
  • 200 ml koue hoenderaftreksel
  • 250 ml dubbeldik volroom-jogurt
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • groot hand vol koljanderblare
  • 50 ml sjerrie- of rooiwyn-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 kg gebreekte ys
  • 100 g gesoute amandels, grofgekap

Plaas al die bestanddele behalwe die sout en peper, ys en amandels in ’n groot mengbak en verpulp met staafmenger tot glad. Voeg nog aftreksel by as die mengsel te dik is – jy kan self besluit hoe romerig jy dit wil hê. Geur baie goed met sout en peper. Gooi sop in opdienbak en plaas bak in gebreekte ys. Sprinkel amandels oor en sit voor.

JONGSTE UITGAWE

September/Oktober-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees