(6 porsies)

  • 700 g baba-aartappels
  • 60 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 knoffelhusies, fyngekap
  • 1 hand vol tiemie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 ml korrelmosterd

Bring pot met water tot kookpunt en kook aartappels tot sag, sowat 15 minute. Dreineer en halveer met
skerp mes. Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Voeg uie, knoffel en tiemie by. Roerbraai vir 3 – 5 minute of tot uie begin verbruin. Voeg aartappels by en braai vir nog 5 – 8 minute.Geur goed met sout en swartpeper. Voeg mosterd by, verwyder van hitte en meng goed. Sit warm voor.