1. Weeg alle bestanddele af voor jy begin bak om die proses glad te laat verloop.

2. Maak seker die gereedskap staan reg voor jy begin meng. Onthou om ook die oond voor die tyd aan te skakel.

3. Volg die resep stap vir stap en hou by die aanwysings.

4. Nes met kook, is dit baie belangrik dat jy vars bestanddele gebruik.

5. Die baktyd in die resep is “min of meer” ?’n aanduiding. Kyk ná driekwart van die ?baktyd of die gebak nie dalk al gaar is nie, bv. met ’n toetspen.

6
 Plaas gebak altyd in die middel van die oond, want die temperatuur is hier op sy akkuraatste.