(4 porsies)

  • 6 wit sampioene, in dun skyfies gesny
  • 1 eetlepel botter
  • 4 eetlepels room
  • 4 teelepels botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 groot eiers

Smelt die eetlepel botter in ’n pan. Braai die sampioene vir so 10 minute tot effens bruin. Geur met sout en swartpeper. Verdeel die sampioene tussen 4 ramekin-bakkies. Plaas nou ’n teelepel botter bo-op die sampioene en dan ’n eetlepel room. Breek 2 eiers in elke bakkie en geur met sout en swartpeper. Plaas al 4 bakkies in ’n oondbak en gooi kookwater tot by die helfte van die bakkies. Plaas vir 20 minute in ’n oond teen 180 °C. Hou maar dop, want jy bak dit net tot die eiers gestol is. Die eiergeel moet nog sag wees, want die lekker is om roosterbrood-stukkies daarin te doop.